Die huidige Soetveld rentmeesters
is die 4de en 5de generasie
eienaars nadat ons oupagrootjie,
Johannes Frederik Lodewicus
Janse van Rensburg die plaas
Groenepunt op 31 Januarie 1910
gekoop het vir die bedrag van
214 pond (54 sent/ha).
Soetveld Boerdery
bestaan uit vier afsonderlike
plase. Klipput, Bellevue en
Doornveld word ook sedert die
vroeë 1900’s deur
die van Rensburg, Venter en
Eloff families besit. Die laaste
renoster in die gebied is deur
die vorige eienaar van Klipput,
oom Buks Venter, se oupa op
Bellevue geskiet kort na die
Boereoorlog wat in 1902 geëindig
het.
Die eerste deel van die woonhuis
op Klipput is in 1912 gebou
en die klipkraal langs die koppie
is in 1918 gepak. Mnr Manie
Eloff het in 1976 oom Buks se
grond gekoop en op die plaas
gewoon tot en met sy afsterwe
op sy 83ste verjaarstdag, 11
November 2010.
The current owners are the
4th and 5th generation of our
family to own and manage the
farm since our great grandfather
JFL Janse van Rensburg bought
Groenepunt on 31 January 1910.